Elmarie's Afrikaans Poems

By WesterinkElmarie - About Me - E-mail this page - Add to My Favorites - Add to Blog List - See other blogs in Poetry

Monday, April 21, 2008

Jy is nie hier nie

Sterreman... Jy is nie hier Om saam met my Op die vlerke van die wind Te vlieg nie... Ek wag vir die nag Vir jou sterre Om op die rug van sterstrale Deur die hemelruim Na jou toe te gly Tot in jou sterk arms Met jou growwe hande Wat my styf vashou E. Sign in to see full entry.

Sunday, April 20, 2008

Ontkieming

Na die ysige harde winter van hartseer en verlang kom die lawenis van die lente wat nuwe lewe bring. Soos die son se louwarm strale bak op die harde, koue grond begin dit diep daar onder roer, ontkiem, beweeg. Die groenheid breek deur mure in bleek dog nuwe prag en stoot huiwerig…dog vasberade ‘n... Sign in to see full entry.

Verloor

Ek het myself verloor in die blaaie van my boek. Ek het hom verloor in die annale van my lewe. Ek soek en soek onder klipmonumente ter ere aan pyn. Ek blaai en blaai en kyk met vergrootglasoe onder elke letter…elke woord… Hoe vind jy die mens wat jy eens was tussen al die swart ink? Sign in to see full entry.

Wednesday, April 16, 2008

Toemaar, daar is nog more...

Toemaar, daar is nog more Toemaar Toemaar Toemaar Dit is ok Die daad’s gedoen Dis nou verby. Toemaar Toemaar Toemaar Hou nou op treur Want dit het tog klaar gebeur. Jou hart…sy hart…is reeds stukkend geskeur. Toemaar Toemaar Toemaar Jy moet dit tog nou maar aanvaar Sy liefde vir jou is nie meer... Sign in to see full entry.

Tuesday, April 15, 2008

Magtige magtelose woorde

Woorde alles maar net woorde... alfabetsoldate met abc26 gewere. Woorde alles maar net woorde... magtig magteloos? Dots on a landscape Hier uitgespoeg in 'n klein (al groterwordende) lee wit rekenaar reghoek... Sign in to see full entry.

Monday, April 14, 2008

My lewe is 'n skoppelmaai

My lewe is ‘n skoppelmaai op….en af….op….en af sien ek die aarde ietwat windverwaai. As jy my stoot met woorde soet dan le ek terug en gaan op…op…op Maar as jy los en stilweg staan en hande van my rug weggaan kyk dan kom ek af…af…af So hier’s ek nou in my lewenspark kom tog gou… ek wil beweeg en he... Sign in to see full entry.

Tyd

Tyd Tyd my liefling Reduseer jou tot ‘n punt Aan die einde van ‘n epitaaf. God se eindelose dog meetbare tyd. Die ewige kontradiksie. Tyd wat vloei en tyd wat stilstaan. Die tydsvirus Wat ons dae soms so stadig Soos erosiegroewe wegvreet. En tyd wat soos ‘n atoomreaksie Gate uit ons harte breek.... Sign in to see full entry.

Saturday, April 12, 2008

Die lied...

Jou stem se sagte nuanse is die melodie waarop ek versigtig, amper soos ‘n kind se eerste tree, weer die dansvloer van my lewe kan betree. En soos jy praat en lag in sin op wondersoete sin, begin ek draai en draai so rond en rond tot als saamsmelt in ‘n mengelmoes van genot. Jou stem se lied, o... Sign in to see full entry.

My seuns

My seuns is vinkel en koljander Een blond die ander donker Een so stil die ander een luidrigtig Een versigtig die ander wilderig. Een leef na binne die ander een na buite My seuns is vinkel en koljander… Maar my seuns is ook dieselfde bloed van my bloed liefdeskinders wat my siel so voed so vreeslik... Sign in to see full entry.

Oor kuiltjies en versoening

My glimlag was my wapen teen die aanslae van die wereld. My glimlag maak mos kuiltjies, holtetjies in my gesig wat jy so graag wou soen. My glimlag saai sonskyn in die harte rondom my. My glimlag maak elke dag soveel harte om my bly. My glimlag wys my vreugde en al die baie liefde in my hart. Maar... Sign in to see full entry.

Headlines (What is this?)