Elmarie's Afrikaans Poems

By WesterinkElmarie - About Me - E-mail this page - Add to My Favorites - Add to Blog List - See other blogs in Poetry

Thursday, April 10, 2008

Ek is nie alleen nie

Ek is nie alleen nie… Ek is nie alleen nie. Dis ‘n wereld vol van smart. Ons nargesigte helder rooi lippe omlyn in swart verberg die sugte van ‘n seer hart. Ek is nie alleen nie. Ek kyk na jou en hom en haar… orals rondom hier en daar. Na hol gesigte vol van lyding diep begrawe in elke hart so... Sign in to see full entry.

Ek mis jou

Reen. Ag, hoe smag ek nie na die reuk van reen nie. Na die warm-soet druppels wat die sand laat ontplof. Na water wat in kieliestraaltjies teen my nek afhardloop. Om saam met jou in die reen te lag…na jou wat my hare met ‘n growwe handdoek kan droogvryf… Sterre. Ek mis die lig van jou sterre wat so... Sign in to see full entry.

Wednesday, April 9, 2008

Ek treur oor Afrika

Ek sien jy skryf oor Afrika Met haar pragtige ryk bruin grond Berge wat so ver strek Jou Magaliesberg Ek sien jy skryf oor Afrika Haar diep oranje sonsondergange En groen Natalse heuwels Koorsboomwoude Skoenlapperprag Ek sien jy skryf oor Afrika Jou Afrika. Vir my is daar nou net warm,... Sign in to see full entry.

My Grys-wit hart

So groot soos ‘n vuis le my hart hier op groen-bedekte operasietafel. Nie diep-donker-rooi met bloed gevul Maar grou-gryswit Leweloos Leeg gebloei Hoe leef jy sonder jou hart se warm polsende ritme? Hoe leef jy sonder die dromslae wat jou altyd laat dans het deur die sterreruim? Hoe leef jy sonder... Sign in to see full entry.

Monday, April 7, 2008

Waar is jy?

Daar is leegheid rondom my in my langs my… Waar is jy… Waar is jy… Waar is jy… Jou teer woorde waarmee jy my so hoog laat sweef het het stil geraak. Ek hoor die eggo… Skatjie, liefling, poplap… Bokkie, baby, sonskynvrou… Woestynmerrie… Vrou-van-my-hart… En ek val…struikel oor my pyn Wat brand… Die... Sign in to see full entry.

Sunday, April 6, 2008

n Man en sy kasteel

Ek voel al die heeldag of ek my hand deur die spieel steek en na jou tas maar ek kan jou nie voel nie. Sommige dae voel dit asof ek jou so goed verstaan, asof ek so reg deur grou-grys-groen oe ingly tot binne in jou siel. So op 'n waterglybaan wat jou so vinnig en so met 'n draai-op-die-maag gevoel... Sign in to see full entry.

Tuesday, April 1, 2008

Ek hoef jou nie te vertel nie...

Jy ken pyn. Ek hoef jou nie daarvan te vertel nie en wonde wat bloei en bloei en bloei. Jy ken seer. Ek hoef jou nie daarvan te vertel nie en trane wat erosiegroewe op jou gesig inkerf. Jy ken verraad. Ek hoef jou nie daarvan te vertel nie en woede wat alle mooi kleur met swart haat doodverf. Ek... Sign in to see full entry.

Sunday, March 30, 2008

Waaroor 'n hart MAG breek

‘n Hart mag nie hieroor breek nie… veral nie hieroor nie NEE Harte breek oor roosblare wat soos druppels van smart daar ver onder op ‘n blink-nuwe kis neerfladder… Harte breek oor hospitaal beddens oor ‘n borskas wat nie meer op-en-af beweeg nie oor ooglede wat nooit weer sal roer nie die stilte wat... Sign in to see full entry.

God se hamer

Vir my is die liefde nou verlore. Want ek het dit in ‘n waansinnige oomblik misbruik. Die liefde wat jy net een keer in jou lewe voel is nou my droom van gister. Dit waarna ek so lankal oor die sterrehemel heen gesoek het is nou ‘n swart gat waarin ek vir ewig weggesuig is. Want sonder jou is daar... Sign in to see full entry.

Friday, February 29, 2008

Nagvlug

Hier vlieg ek nou deur die swart nag So naby aan jou blink sterre Kyk, daar is Sirius... Totsiens Suiderkruis – ek hoop om die blink punt Wat my rigtingwyser na jou geword het – Gou weer op my liefdeshorison te sien... Jy het my jou sterre gewys, Met ‘n lig wat van binne in jou grysgroen oe skyn.... Sign in to see full entry.

Headlines (What is this?)