Comments on Ek treur oor Afrika

Go to Elmarie's Afrikaans PoemsAdd a commentGo to Ek treur oor Afrika

Re: Ek treur oor die hele wêreld

Hallo daar

My hele lewe lank het ek nog probeer om mense en situasies te red...die potensiaal in alles en almal gesien...'n ou huis...'n met-verf-bedekte tafel or riempiesbank...'n ou stuk lap wat in 'n pragtige kledingstuk omskep kan word. Ongelukkig het dit my net op die ou einde gebyt.

wat Jim aanbetref, was ek altyd 'n groot fan. Het by UP Doors aanhalings op die mure gegraffiti. "break on through to the other side"..."no-one here gets out alive"...maar my genot in sy woorde het 'n wrang smaak gekry met my ex-man se dronkbenewelde strewe om soos sy demi-god Jim te word. Jim is sy sg. alter ego, en sy naam laat 'n wrang smaak in my mond. Maar ek sal weer daarna kyk.

My "hero" is Breyten. En TS Eliot. Albert Camus. Elias Canetti. Moenie Bob Dylan vergeet nie. Carol Bayer-Sayer.

Nou ja. Dankie vir jou woorde. Sterkte met jou huwelik en jou gesin. Dit gaan met my beter. Ek en Wessel praat darem weer met mekaar op 'n redelike gemoedelike vlak. Hopelik sal hy my leer ken as 'n mens met integriteit en nie 'n enkele insident vir ewig tussen ons hou nie.

El.

posted by WesterinkElmarie on April 10, 2008 at 2:25 AM | link to this | reply

Ek treur oor die hele wêreld
Ons word gebore in a situasie "Like a dog without a bone, an actor out alone - jim morrison"

waaraan ons net soveel kan doen.  Ek het byvoorbeeld 'n gesin wat ek probeer onderhou en ondersteun soveel ek kan.  My kinders is lief vir my en ek vir hulle.  Ek en my vrou probeer nader aan mekaar groei vir hulle onthalwe en omdat sy my innig lief het.  Ek is 'n perd van 'n ander kleur en my emosies wissel maar tussen tevredenheid en ligte irritasie wat my tot aksie oorhaal.  Dit is baie moeilik om met so iemand saam te leef as jy nog hunker na die beloftes van die alledaagse lewe en die drome van ware liefde tussen 'n man en vrou.  "Some are born to sweet delight, some are born to the endless night".  Ek hoop jy was gebore in die ligter kant of is oppad soontoe.

Ek dag ek noem hierdie dinge maar indien jy jou ook in so 'n situasie bevind.  Jy kan seker agterkom dat ek nogal baie na The Doors geluister het.  Ek dink baie min mense het werklik verstaan waaroor Jim aangegaan het.  Miskien verstaan ek ook nie, maar sy woorde was vandat ek dit die eerste keer gehoor het nog altyd vir my in ooreenstemming met my eie denke en gevoelens. 

Dalk kan ons mekaar nog eendag raakloop en lekker lag oor ons manewales hier op blogit.

Mooibly en moenie ophou dig nie.


posted by AardigeAfrikaner on April 9, 2008 at 3:28 AM | link to this | reply