Elmarie's Afrikaans Poems

By WesterinkElmarie - About Me - E-mail this page - Add to My Favorites - Add to Blog List - See other blogs in Poetry

Saturday, June 21, 2008

Ek wonder

Soms…net soms wonder ek oor die stilte wat my ore so laat dreun. Soms…net soms dink ek aan oorvloed en aan te veel woorde wat mense stom kan maak. Kontradiksie Antitese Ironie? Soms…net soms vra ek oor ‘n lee wit skerm en dorre droogheid wat harte laat oopbars… Ja, soms net soms wonder ek… Sign in to see full entry.

Sunday, June 8, 2008

Skadus teen klippe

Aan die einde van die dag ten spyte van volgehoue inspanning en moeitevolle voortbeweeg is ons net skaduwees met 'n dans teen klippe in die namiddagson. Sommiges...sekere grotes... kry monumente in klip of selfs (vir rerige belangrikes) 'n ewige beeld in brons gegiet. Maar as die namiddagson so oor... Sign in to see full entry.

Wednesday, May 21, 2008

Klei

Ons is pottebakkersklei Gebore uit die aarde Rou en onverwerk In bruin en geel en rooi word ons aan die wereld gegee Sag, buigbaar, ‘n gesiglose beeld… Ons word gevorm deur hande wat knie en vashou en sny en gooi op die lewenswiel wat ons draai en draai om en om… Klei is vergewend maar mense druk... Sign in to see full entry.

Saturday, May 17, 2008

As jy vir my fluister

As jy glimlag met jou stem breek my hart uit ysterboeie om daar buite in die sonskyn rond te dans. As jy my wys dat jy verstaan loop my hart se sluise oor en bruis hartsogtelik binne my. Dit stroom oor walle (reg om my hart) wat soos Hollandse dyke moeitevol opgerig is. Onkeerbaar… Vloei uit elke... Sign in to see full entry.

Smartvrate

Smartvrate Wat ‘n pragtige woord. Eintlik is altwee woorde so ongelooflik mooi. Want vir my is sommige woorde so absoluut perfek! Wessel en ek het gisteraand gepraat oor woorde en betekenis en fyn nuanse. En hy is die mens om mee te praat, want hy gebruik woorde in sy gedigte soos die groot... Sign in to see full entry.

Tuesday, April 29, 2008

Hoeveel keer?

Hoeveel keer kan ‘n mens sterf in 30 dae? Hoeveel slae kan ‘n vrou se simpel hart verdra? Hoeveel keer kan jy vir hom se jy het hom lief? Hoeveel keer tot hy jou werklik glo? Hoeveel keer Hoeveel keer Hoeveel keer Hoeveel…… keer………………………? Sign in to see full entry.

Monday, April 28, 2008

Mense

Ons is almal dieselfde Want ons is mense Ons bloei deur ons stukkende velle Ons huil trane Ons word gebore deur geboortekanale. So veg ons almal ons weg na die lig ‘n Pad na die lewe ‘n Pad na die einde… Ons is dieselfde Want ons is mense Ek kyk rondom my na die mengelmoes van mense so maklik om net... Sign in to see full entry.

Friday, April 25, 2008

Man met die hoed

Vier eeue gelede het ek jou ontmoet Man met die hoed… Uit die newels van ‘n surrealistiese silikoonland het jy na my gekyk na my… reguit na my… Vier eeue gelede het ek my hand na jou uitgereik my vingers oor jou wit skerm laat speel en jy het my saggies met jou woorde gestreel …my hart gesteel en... Sign in to see full entry.

Wednesday, April 23, 2008

Skimme

142151 Skimme posted by elmwes on April 23rd, 2008 Hulle is altyd daar jou skimme jou donkerte jou swart dae Hulle is altyd daar onuitwisbaar jou ewige skadus onlosmaakbaar. Hulle is altyd daar jou skaamte aan jou vasgebind selfs in die dood sal hul jou volg en ook, nes jy, in die diep diep donker... Sign in to see full entry.

Tuesday, April 22, 2008

Woestynpop - 'n liedjie

Ek wil vir jou ‘n liedjie skryf Maar het maar net my Huisgenoot taal Ag hemel tog, dit is rerig so vaal Ek wil vir jou ‘n versie bou Jou wys hoe baie ek van jou hou Ongelukkig weeg dit maar lig op die skaal. Want ek’s net ‘n Woestynpop,woestynpop ‘n blonde girl in ‘n lee wit dop ‘n woestynpop,... Sign in to see full entry.

Headlines (What is this?)